R 300.00
Add to Wishlist

Sold Out

1 Recce, Agter vyandelike linies, neem die leser tot in die Recces se “binnekamer”. In hul eie woorde vertel Recce ­operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970’s in Angola en Rhodesië uitgevoer het.

Die leser sien die operateurs sweet in die vliegtuig of duikboot en beleef die gevaar wanneer hulle in die nagdonker riviere met krokodille trotseer. Die spanning en adrenalien loop hoog wanneer die Recces springstof in ’n treintonnel diep in vyandelike gebied plaas of ’n groot brandstofbergingsplek in ’n Angolosese hawestad in ’n vlammehel omskep.

Dié wat daar was vertel van die spanning, afwagting, vrees, adrenalien, moegheid, dors en hartseer wat hulle beleef het, maar ook van die humoristiese momente en die vriendskapsbande wat gesmee is.

1 Recce, Agter vyandelike linies is Alexander Strachan, bekroonde skrywer en gewese Recce, se opvolgboek op sy topverkoper: Recce, Die nag behoort aan ons.

Sagteband, 320 bladsye  

PUBLIKASIE DATUM: 26 MAART 2020 

THIS TITLE IS ALSO AVAILABLE IN ENGLISH, CLICK HERE

Customer Reviews

Based on 3 reviews
33%
(1)
33%
(1)
33%
(1)
0%
(0)
0%
(0)
H
Hendrik Joubert
I Recce Vol 2

soos in van die ander boeke word daar nie baie in diepte of meer detail in sitsuasies in gegaan nie maar meer n breedvoerige beskrywing.Die beskrywings is nie van aard dat die leser "EK" nie die boek wil neersit nie - ek sal more verder lees effek. Beskryf die woorde soos dit oorspronklik gesê is nie net bv "poevies" nie. Die boek is verder baie interresant en goeie lees stof

F
Francois Du Plessis

1 RECCE: Agter Vyandelike Linies: Volume 2 - Alexander Strachan

D
Deon Bosman

1 RECCE: Agter Vyandelike Linies: Volume 2 - Alexander Strachan

 

Liquid error: Could not find asset snippets/sweettooth-initializer.liquid Liquid error: Could not find asset snippets/sweettooth-tab-widget.liquid Liquid error: Could not find asset snippets/upsell-now.liquid