-->
R 220.00
Add to Wishlist

"Sedert 1975 het ek meer as 300 gedigte en woordsketse geskryf en saamgestel oor die Bosoorlog en weermagslewe. Baie hiervan is nog te diep in my gevoelens gewortel om dit met ander te deel.

Hierdie bundel, Kleurskakerings van Skarlaken, is ʼn samestelling van ʼn klein deeltjie van my versameling. Die Bosoorlog het plaasgevind tussen die jare 1966 tot 1989. Met die uitsondering van ons wat daaraan deelgeneem het, is dit ʼn betreklike onbekende konflik. Die redes hiervoor lê waarskynlik gesetel in die effektiewe sensuur wat deur die Suid-Afrikaanse regering en die opponerende magte toegepas was.

Die jonger generasie weet vandag bitter min oor hierdie merkwaardige en ingewikkelde konflik. Tog is dit hierdie stryd wat hulle lewens vandag direk of indirek beïnvloed. Die Bosoorlog was deel van een van die grootste ideologiese Koue Oorlog konflikte, en naby ineengeweef met die gewapende bevrydingstryd van Angola, Suid-Wes-Afrika en Suid-Afrika. Ongeveer 600 000 Suid Afrikaanse soldate het deelgeneem aan die konflik oor ʼn tydperk van 23 jaar. Die deelname getalle aan die opponerende kant was veel meer. Die diep uitwerking van die stryd op die huidige oud SAW (Suid Afrikaanse Weermag) soldate is vandag sigbaarder as ooit.

Die naam - Kleurskakerings van Skarlaken - is simbolies van hierdie gevoelens. Nie almal was op die gevegsfront nie, nie almal het die werklike trauma in dieselfde graad van heftigheid beleef nie. Dit was ʼn bloedige stryd, en skarlaken is die kleur van bloed. Nie almal sien dieselfde skakerings nie.

Met hierdie bundel poog ek om die volle spektrum van die lewe in die SAW in dig en woordskets formaat weer te gee. Ek dig en skryf vanuit my eie blootstelling en verwysingsraamwerk vanaf 1975 tot die hede. Dit vervat die wroeginge, die vreugdes, die hartseer, die opwinding, die verlange en vele ander emosies wat so deel was van soldaatwees. Een aspek waarvan ek nie veel gedigte van het nie, is die gedeelte oor moederliefde. Om daarvoor te vergoed sluit ek ʼn kort versameling van Mara du Plessis se ongepubliseerde werke by die bundel in. Haar besondere diepte aanvoeling en styl vul daardie leemte in my versameling terdeë aan.

In hierdie bundel poog ek om gebeure weer te gee soos oor hoe ek dit ervaar het, en soms nog steeds ervaar. Sou die leser dan die meer erotiese gedeeltes raakloop, onthou dat dit geskryf was oor jong manne in die fleur van hulle lewens, vasgevang in onvervulde behoeftes en drange. Ek het ook gepoog om die gevoelens van soldaatwees, ongeag van die vyand se kant of ons eie kant af, in perspektief te probeer stel. Soldaat-wees is universeel. Die bundel bevat ook ʼn paar gedigte oor homoseksualiteit vanuit daardie era. Dit was vir sommiges daardie jare ʼn omstrede onderwerp, en vir sommige veterane tot vandag toe nog steeds so. Met ʼn terugblik oor baie jare van gedurende en daarna, kan ons aanvaar dat dit net so deel was van die Bosoorlog as enige ander belewenis. Die temas van die gedigte en woordsketse is wyd uiteenlopend en weerspieël nie noodwendig my eie sienings nie. Ek is ʼn kadet van die lewe wat net soveel, indien nie meer nie, deur ander se oë leer as deur my eie.

Kleurskakerings van Skarlaken was op 16 Desember 2014 vrygestel. Sowat 280 bladsye met 104 Gedigte en 15 Woordsketse oor die Bosoorlog. Dankie aan die makkers wat my gedigte en woordsketse geniet. Dit was vir julle geskryf, want nie almal hou van gedigte nie. Skarlaken kom uit die siel van soldaatwees."

DAWID LOTTER
16 DESEMBER 2014

Customer Reviews

Based on 4 reviews
100%
(4)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
G
Gerrie Hugo
Kleurskakerings Van Skarlaken

Indien ek met woorde kon toor en gevoelens kon neerpen, soos Dawid Lotter, dan kon ek n behoorlike resensie oor “Kleurskakerings Van Skarlaken” geskryf het. Ongelukkig kan ek nie maar, dit gaan my nie poging stop om hierdie werk lof toe te swaai nie.

Dawid beskik oor n uiters fyn en akkurate waarnemings sin en is dan nog geseend met die vermoe om dit skitterend te weergee. Hy raak aan jou siel en stel dinge in perspektief. Hy stimuleer jou geheue en vat jou terug na plekke wat jy lank reeds terug in die argiewe van jou brein gesit het. So glo ek bring hy ook genesing vir baie van ons wie onder die juk van trauma moet leef.

Hierdie makker se werk het my diep getref en is die beste geskenk wat ek in n lang ruk ontvang het. Hierdie is n unieke en belangrike werk van menswees en ons geskiedenis. Dit moet wyd verkondig word.

Hy som ons oorlog so goed op dat n mens dit kan ruik en voel. Soos ek lees vind ek myself keer op keer terug op n spesifieke plek en tyd. Soms lag ek, soms voel ek lus om n traan te pink en wanneer ek seker is dat hy nie beter kan doen nie, dan verstom hy my dadelik met dievolgende gedig of woordskets.
”Kleurskakerings Van Skarlaken” is n moet lees vir almal: Familie en vriende asook die jeug, om ons generasie beter te kan verstaan. Maggies, ek verstaan myself beter nou dat ek dit gelees het.

Dankie Dawid. Die skille is van my oee af.

G
Gerhard Groenewald
Resensie van Kleurkakerings Van Skarlaken

Hierdie boek is ‘n magnum opus van menswees.As jy ‘n veteraan is en gedien het in uniform in watter aard ookal en enige waarde daaraan geheg het, en ook onvermydelik jou eie persoonlike gru ervarings gehad het, is hierdie boek vir jou. Maak jou gereed vir ‘n persoonlike emosionele lewensrit van ervarings, die smart van oorlog, die persoonlike stryd en die malle meule gevolge, en die helende proses daarna. Hierdie boek jou heel. Jy sal nie meer alleen voel in jou innerlike vrese, selfverwyt, depressie, vergryping aan nuttelose krukke nie. Voor jy die boek lees,doen dan eers ‘n kristal eerlike en diepe persoonlike introspeksie van jou lewe en die uitdagings van jou innerlike vrede. Eers dan is jy gereed om hierdie boek te bestudeer.. Dit is ‘n lewensveranderende Magnum Opus in die klas van N P Van Wyk Louw en Eugene Marais.Ek sou die boek begin lees by die woordsketse Ek het lank stilgestaan by die “Klappe van die windmeul” (P 218 en.“ Jy mag maar voor jou Ratel huil” (P267) is ‘n rou eerlike , rollermeule beskrywing van lewenslot en die helende proses daarna.Treffend is die epiloog die gedig “In Flanders Fields”.Ry die rit saam en vind heling.

H
Hendrik Steyn
Emosioneel...

My boek gister ontvang, baie dankie makker, net so bietjie gelees, toe loop die trane en emosies. My kleinseun het my so gekyk, toe vra hy, "oupa, kan ek ook die boek lees as jy klaar is?" Dit is waaroor die gaan, dis waarvoor ons geoffer het, en as hulle dit kan sien, is daar hoop vir ons Volk. Die boek beteken baie meer as wat jy kan dink my vriend, nogmaals dankie en mag jy geseen word en vrede kry.

W
Wilco Brooks
Eye-Opener!

Toe ek begin lees was dit soos n "eye opener". Dawid Lotter jy skryf elke gedig met daai spesifieke emosie en dis net ongelooflik. Wel gedaan. Iets wat by my opkom soos ek lees is dat ons as veterane nie verstaan kon word omdat mense nie geweet het waardeur ons was nie. Dawid Lotter daar's n rede vir alles maar jy gaan groot dinge bereik met die bundels hoor. Dis hoe n leier moet wees, omgee vir sy medemens.

 

Customer Reviews

Based on 5 reviews Write a review
Liquid error: Could not find asset snippets/sweettooth-initializer.liquid Liquid error: Could not find asset snippets/sweettooth-tab-widget.liquid Liquid error: Could not find asset snippets/upsell-now.liquid