R 220.00
Add to Wishlist

 “Dit was soos ’n geweerskoot in die nag. Die teiken is getref – op meer as een manier … Die bloed het in my ore gesuis … ‘U seun, Wouter, is dood.’ ”

Een stukkende oomblik, ‘n leeftyd van verlies; ‘n emosionele kettingbotsing wat verhoudings verander – en soms wrakke langs die pad laat. Deur fyn gefiltreerde terugflitse nooi dominee Klasie Steenkamp jou in die lewe van hom en sy gesin in. Hulle fokuspunt is die skielike dood van hulle seun Wouter in die Grensoorlog (4 Januarie 1984). Terwyl hulle nog daarvan herstel, volg die dood van sy blou-oog vrou, Issie.

Hierdie intense verlies het vir Klasie geword soos die potskerf waarmee Job hom op die ashoop sit en krap, iets om aan vas te hou, herinnerings wat hy eers nie wou laat gaan nie.Dit is nie ’n gewone lewensverhaal dié nie. Jy as leser word geneem op ’n begeleide toer deur die diepste tonnels van dominee Klasie se binneste. Dáár deel jy die gedagtestrome wat niemand tot dusver kon ken nie; dáár bevind jy jou saam met “oom Klasie” in ’n nuwe oorlogsone: “Dikwels is dit angs wat in ons lewe oorneem. Angs vir verlies … Dan ontspring emosies wat vir ons laat voel dat God ver is, iewers daar bo en ons hieronder alleen en vergete”

Klasie is tegelyk ’n geestelike leier, wat daagliks die saak onstuimig met God moet uitklaar, hy kan nie anders nie. Om verlies gelowig te hanteer, is nie gebruikersvriendelik nie. Jy moet jou siel skoonskraap, maar juis só kry God opnuut kans om jou innerlik te lei om grense oor te steek, verby die oorlogwrakke vorentoe.

Hierdie innerlike grensoorlog gee ons ’n kyk in die hart van die mense wat agterbly – wat die verlies moet hanteer. Uiteindelik besef ’n mens: Klasie Steenkamp se storie is dié van almal wat verlies ervaar het – die dood, siekte of onmag weens skielike werkloosheid. Dit kan ook  jou storie wees.

Sagteband, 168 bladsye. Gepubliseer in 2011.

 

04 Jan 1984: Eight Members from 4 SAI were Killed in action when their Ratel 20, Callsign 13C was knocked out near Cuvelai by a Soviet T-54 tank shell during Ops Askari. A high explosive Soviet tank shell penetrated the right hand door of the Ratel and exploded inside, causing the Ratel ammunition to explode as well. The Ratel immediately erupted into a fireball and burnt out, incinerating the occupants in the process. The casualties were:

80264575BG Lance Corporal Wouter Theron Steenkamp. He was 19
80238660BG Rifleman George Alexander Lennox. He was 19.
81251506BG Rifleman Brian Geen. He was 18.
82585233BG Rifleman Hendrik Andre Heyns. He was 22.
80211634BG Rifleman Daniel Abraham Louw. He was 19.
80490592BG Rifleman Leon Frederick Pearson. He was 19.
81285504BG Rifleman Johannes Lodewicus Pretorius. He was 18.
79551099BG Rifleman Pieter Daniel Pretorius. He was 21.

 

 

Customer Reviews

Based on 1 review
0%
(0)
0%
(0)
100%
(1)
0%
(0)
0%
(0)
M
Mara Marx
VADER! Ons kind is dood!

Dit is die uitroep wat gedurende die 23 jaar konflikvanaf 1966 tot 1989 gereeld in ongeveer 1800 ouerhuise in Suid-Afrika weerklink.

Die pastoriehuis van Klasie Steenkamp is geen uitsondering nie. Vroeg in Januarie 1984, terwyl nuwejaarsvoornemens nog voor in mense se gedagtes is, moet hierdie ouerpaar die hartseerste nuus ooit verneem.... Wouter Steenkamp sterf saam met sewe ander makkers nadat die Ratel waarin hulle was deur vyandelike vuur getref word naby Cuvelai in Angola.
Die feit dat sy vader 'n predikant is, vrywaar die gesin nie van hierdie hartseer nie.

Klasie se diepe leed, sy wroeging en die soeke na antwoorde op sy vrae was dieselfde as enige ander ouer. Die nuttelose besoek aan die grens onderstreep net weereens die skerm van geheimhouding of liewer gruwelike misinformasie en sommer kortweg leuens wat menigte van die seuns se sterftes omring het gedurende hierdie tydperk.

Klasie neem ons terug op blikke uit die verlede en die invloed wat dit gehad het op die verwerking van sy ongelooflike hartseer.

Hierdie boek is nie net leesstof oor die Grensoorlog nie, dit is 'n inspirerende boek vir elke gelowige wat deur krisistye gaan.

 

Liquid error: Could not find asset snippets/sweettooth-initializer.liquid Liquid error: Could not find asset snippets/sweettooth-tab-widget.liquid Liquid error: Could not find asset snippets/upsell-now.liquid