We sell military books focusing primarily on the South African and Rhodesian bush war eras
62256623PE: Die memoirs van Brigadier Generaal Josienne "Jos" Rabie SM, MMM

62256623PE: Die memoirs van Brigadier Generaal Josienne "Jos" Rabie SM, MMM

R 300

Hierdie boek, 62256623PE, het sy ontstaan te danke aan 'n veteraan en oupa wat sy stories aan sy kinders en kleinkinders wou vertel. Die plan was om dit by wyse van 'n paar "opstelle" te doen maar dit het weldra in 'n outobiografie van 491 bladsye geeindig. Hoewel dit begin by 1723, toe die eerste Rabe sy voet in die Kaap aan wal gesit het, en in die hede eindig, strek dit hoofsaak oor die periode tussen die 1960's en 1990's.

Met die skryf van en oor ons soldate se lotgevalle en avonture, oor hierdie tydperk, het dit gou duidelik geword dat stories nie in isolasie geskryf kon word nie maar dat dit in polities/historiese konteks geplaas moes word. Daarmee saam is aandag ook aan opleiding en doktrine gegee vir ‘n beter begrip oor waarmee hulle, onder andere, besig gehou is.

'n Besondere militêre loopbaan as beide infanteris en gemeganiseerde infanteris,  aide de camp  van president J J Fouchè, valskermsoldaat, lid van die SA Leër se bevelskader en as kommandant van die SA Leërkollege, waartydens die generaals van die 'nuwe' SANW opgelei moes word, het oor 'n tyd van 32 jaar gestrek. Jos Rabie het aan die begin van 1998 met 'n skeidingspakket as 'n brigadier-generaal afgetree.

Die meeste soortgeleike boeke, oor hierdie tydperk, handel oor die sogenaamde grensoorlog. Deelname aan verskeie militêre operasies word wel hier bespreek maar daar is een groot verskil. As kolonel was hy die enigste Groep-  of gebiedsbevelvoerder wat in beide stedelike en plattelandse gebiede operasionele ervaring opgedoen het. Vanaf 1986 tot 1987 was hy verantwoordelik vir die metropool van Johannesburg wat Soweto en Alexandra ingesluit het. Tussen 1988 en 1992 was hy in beheer van Gazankulu, die Laeveldse deel van Lebowa en die distrikte van Tzaneen en Phalaborwa.

As burgerlike was hy in 'n leidende rol, vir ses jaar, betrokke by 'n jeug ontwikkelingsprogram van die Weskaap se Provinsiale Regering. Chrysalis Academy, op die 'Sir William Porter Estate' in Tokai, het in hierdie tyd tereg nasionale en internasionale bekendheid verwerf vir die suksesse wat daar behaal is. Sy burgerlike loopbaan is as'n internasionale toergids afgesluit. Hy was besonder gelukkig om vir 'n Kanadese toeragentskap te kon werk en het hul drie-weke lange toere vanaf Kaapstad deur Namibië en Botswana na Livingstone behartig.

Jos en sy vrou Corina, geniet tans die lewe van behoorlik afgetredenes in Vermont, Hermanus.

Sagteband, 419 bladsye, tweede druk, November 2015

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp