R345.00 ZAR
Add to wishlist

Die gemeenskap van 386-471 Afrikaners wat na 1928 in Angola agtergebly het, is aan die vergetelheid en verwaarlosing oorgelaat en is later as 'n lewende fossiel en slagoffers van hulle eie behoudendheid bestempel. Sommige het wel nog 'n lewe uit gemengde boerdery, transportry en jag probeer maak, dekades nadat hierdie lewenswyse elders uitgesterf het. Vanaf 1958 tot 1963 is die meerderheid van die ongeveer 600 Afrikaners in Angola na Suidwes-Afrika en Suid-Afrika gerepatrieer, terwyl slegs enkeles in Angola agtergebly het.

Hierdie groepie Afrikaners het hul Afrikanerskap daar onder moeilike omstandighede gehandhaaf. Met die uitbreek van die burgeroorlog in 1975 in Angola het die laaste Afrikaners uit Angola gevlug en het die verbintenis van die Angola-Boere met Angola na byna 'n eeu tot 'n einde gekom.

Hulle interessante en kleurryke lewe word beskryf en die sogenaamde trekgees as 'n moontlike rede vir hulle swerftogte word onder die loep geneem.

Hardeband, 666 bladsye