R205.00 ZAR
Add to wishlist

 “Dit was soos ’n geweerskoot in die nag. Die teiken is getref – op meer as een manier … Die bloed het in my ore gesuis … ‘U seun, Wouter, is dood.’ ”

Een stukkende oomblik, ‘n leeftyd van verlies; ‘n emosionele kettingbotsing wat verhoudings verander – en soms wrakke langs die pad laat. Deur fyn gefiltreerde terugflitse nooi dominee Klasie Steenkamp jou in die lewe van hom en sy gesin in. Hulle fokuspunt is die skielike dood van hulle seun Wouter in die Grensoorlog (4 Januarie 1984). Terwyl hulle nog daarvan herstel, volg die dood van sy blou-oog vrou, Issie.

Hierdie intense verlies het vir Klasie geword soos die potskerf waarmee Job hom op die ashoop sit en krap, iets om aan vas te hou, herinnerings wat hy eers nie wou laat gaan nie.Dit is nie ’n gewone lewensverhaal dié nie. Jy as leser word geneem op ’n begeleide toer deur die diepste tonnels van dominee Klasie se binneste. Dáár deel jy die gedagtestrome wat niemand tot dusver kon ken nie; dáár bevind jy jou saam met “oom Klasie” in ’n nuwe oorlogsone: “Dikwels is dit angs wat in ons lewe oorneem. Angs vir verlies … Dan ontspring emosies wat vir ons laat voel dat God ver is, iewers daar bo en ons hieronder alleen en vergete”

Klasie is tegelyk ’n geestelike leier, wat daagliks die saak onstuimig met God moet uitklaar, hy kan nie anders nie. Om verlies gelowig te hanteer, is nie gebruikersvriendelik nie. Jy moet jou siel skoonskraap, maar juis só kry God opnuut kans om jou innerlik te lei om grense oor te steek, verby die oorlogwrakke vorentoe.

Hierdie innerlike grensoorlog gee ons ’n kyk in die hart van die mense wat agterbly – wat die verlies moet hanteer. Uiteindelik besef ’n mens: Klasie Steenkamp se storie is dié van almal wat verlies ervaar het – die dood, siekte of onmag weens skielike werkloosheid. Dit kan ook  jou storie wees.

Sagteband, 168 bladsye. Gepubliseer in 2011.

 

04 Jan 1984: Eight Members from 4 SAI were Killed in action when their Ratel 20, Callsign 13C was knocked out near Cuvelai by a Soviet T-54 tank shell during Ops Askari. A high explosive Soviet tank shell penetrated the right hand door of the Ratel and exploded inside, causing the Ratel ammunition to explode as well. The Ratel immediately erupted into a fireball and burnt out, incinerating the occupants in the process. The casualties were:

80264575BG Lance Corporal Wouter Theron Steenkamp. He was 19
80238660BG Rifleman George Alexander Lennox. He was 19.
81251506BG Rifleman Brian Geen. He was 18.
82585233BG Rifleman Hendrik Andre Heyns. He was 22.
80211634BG Rifleman Daniel Abraham Louw. He was 19.
80490592BG Rifleman Leon Frederick Pearson. He was 19.
81285504BG Rifleman Johannes Lodewicus Pretorius. He was 18.
79551099BG Rifleman Pieter Daniel Pretorius. He was 21.