R 300.00
Add to Wishlist

Dit is die laat tagtigerjare. Ernstige aantygings teen drie prominente NP‐ministers doen die ronde. Een van die drie is, naas die staatshoof, die magtigste man in Suid‐Afrika.

’n Waagmoedige polisieman en ’n vreeslose joernalis ondersoek die gerugte dat jong seuns op ’n eiland aan die kus van Port Elizabeth misbruik word. Mark Minnie en Chris Steyn kom onafhanklik van mekaar, af op dieselfde donker geheim. Maar die saak kry net kortstondig aandag voordat dit doodgesmoor word en verdwyn.

Dertig jaar later sit Steyn en Minnie hul bewyse bymekaar en lig die
sluier oor dié skokkende gebeure – ’n verhaal van misdaad, toesmeerdery en amptelike medepligtigheid in die verkragting, en moontlik selfs moord, van weerlose kinders.

Sagteband, 224 bladsye.

Beskibaar vanaf 9 AUGUSTUS 2018.

ALSO AVAILABLE IN ENGLISH

Customer Reviews

No reviews yet
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)