Die tyd van Verwoerd (1901-1960) is nie geskryf om Apartheid en dr. Hendrik Verwoerd se doen en late te regverdig of te veroordeel nie, maar ‘n eerlike poging om dit te beskryf soos dit was en dit in konteks te plaas.
LJBothma – onafhanklike skrywer en navorser – wat bekendheid verwerf het met boeke soos Die Buffel Struikel, Rebelspoor en Vang ‘n Boer, werk deeglik en draai nie dovekies om nie. Hy gaan haal die storie by Jan van Riebeeck en trek die lyne deur tot by die opspraakwekkende 1948-verkiesing toe die ikoniese Jan Smuts in Standerton verslaan is. Bothma plaas die leser terug in tyd. Dan werk hy stap vir stap, jaar vir jaaar en later selfs dag vir dag vorentoe, soos die Nasionale Party en sy leiers met Verwoerd al prominenter, meedoënoos voortstroom na die doelwit – ‘n blanke republiek.