Hierdie werk is volgens die skrywer net sy persoonlike Parabat memoires van 52 jaar gelede. Die "plot" of die "punch line" is glashelder vanaf Generaal WP Louw, 1ste bevelvoerder van 1 Valskermbataljon, se tyd. Indien jy standaarde en vereistes verlaag terwille van tjommies, meelopers en familielede verloor jy altyd die stryd. Die kaliber mense soos 'n Generaal Louw, verhef die Bataljon se leuse: EX ALTO VINCIMUS Sagteband, 173 bladsyeIn hierdie werk deel Johan Engelbrecht sy persoonlike herinneringe met die lesers. Hy het reeds op 17-jarige ouderdom formeel aansoek gedoen vir toelating tot 1 Valskermbataljon se springkursus. Die Bataljon se se valskerm kwalifikasievleuls is op 18-jarige ouderdom aan hom toegeken en slegs 3 weke later is hy ook tot onderkorporaal bevorder.