R230.00 ZAR
Add to wishlist

Die eerste boek wat Eugene de Kock se lewe in diepte blootlê. Dit is deels gebaseer op sy dagboeke en tronkgeskrifte, sielkundige verslae, asook honderde ure se gesprekke met hom in die tronk.

Die skrywer is Anemari Jansen, sy het in 2011 onverwags die kans kry om De Kock in Pretoria-Sentraal te ontmoet. Sy was dadelik gefassineer deur “die man met die sagte stem en netjies versorgde hande”. Die einste hande wat sy geweet het etlike mense vermoor het.

Jansen wou weet hoe dié intelligente, welbelese mens met die “monster” van die Vlakplaas-moordbende versoen kon word. Sy het vir die volgende drie jaar asof gedrewe De Kock se storie nagespeur: Sy het sy vertroue gewen en hom Sondag ná Sondag in die tronk besoek. Sy het ook eksklusiewe toegang tot sy familie, vriende en oud-Koevoet- en Vlakplaas-kollegas verkry.

Haar soeke na antwoorde het haar na alle uithoeke van die land geneem en haar lewe onherroeplik verander. Jansen, wat vir die grootste deel van haar lewe apolities was, is in die proses gedwing om die gruwels van apartheid te konfronteer en te herbesin oor haar identiteit as Afrikaner.

In die boek word groot dele direk uit De Kock se dagboeke en ongepubliseerde manuskrip aangehaal. Hierin is De Kock skreiend eerlik, nie net oor oor Vlakplaas-wandade nie, maar ook oor sy ervarings in die Grensoorlog as lid van Koevoet. Hy identifiseer ook sy opdraggewers in die tyd wat hy by Vlakplaas was.

Die boek belig nie net die kompleksiteite rondom De Kock as mens en die keuses wat hy moes maak nie, maar ook die onlangse Suid-Afrikaanse geskiedenis op ’n openbarende, soms skokkende, manier.

Ander interessante punte:

  • Die boek is geskryf met De Kock se volle samewerking en goedkeuring.

  • Die skrywer moes soms aantekeninge op haar binne-arm maak, omdat sy nie papier mag ingeneem het by die tronk nie.

  • Bevat tientalle voorheen ongepubliseerde persoonlike foto’s.

  • De Kock ontbloot korrupsie by Koevoet.

  • Eerlike ontboesemings deur De Kock oor sy lewe in die tronk.

  • 'n Aangrypende tweede storielyn van ’n Afrikaner-vrou wat die verlede beter probeer verstaan.

Ook beskikbaar in Engels.