R 275.00
Add to Wishlist

Stap saam met die skrywer, van puberteit tot aftrede, hoe hy met uiters geharde kriminele en slagoffers van geweld, ‘n lewenswyse van ‘n geharde speurder moes handhaaf, maar tog met deernis die slagoffers bystaan.

Lees en sien ontstellende foto’s van laakbare dade, gepleeg deur mense met geen gewete. Hoe ‘n Vader sy dogtertjie doodslaan en dan keel afsny, hoe ‘n seun sy ouers vermoor, hoe moord en roof die enigste uitweg is vir hierdie mense wat self slagoffers is van hulle eie afhanklikheid van dwelms en ander middels, die uiteinde? – ‘n Doodslasbrief! Lees hoe die skrywer se deursettingsvermoë gelei het tot fenomenale suksesvolle vervolgings. Volg hom deur sy loopbaan, hoe hy sy front as speurder moes hou maar terselfdertyd Vader, Eggenoot en kerkman moes wees. Ry saam op sy wipplank van emosies wat die skrywer beleef het, hoe hy staande gebly het bloot deur sy geloof in God en met sy vrou en kinders aan sy sy, in die dae voordat ‘berading en ontlonting’ ‘n modewoord geword het. Dit is te verstane dat dit wat geboekstaaf is, slegs ‘n gedeelte van sy ervaringe is en dat hy baie daarvan graag wil vergeet en ander koester.

Sagteband, 281 bladsye.

Customer Reviews

No reviews yet
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)