R 245.00
Add to wishlist

 In Mei 1985 land ‘n nege-man-span van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte op ‘n strand in die olieryke Cabinda-provinsie van Angola. Hul uitsluitlike doel is die vernietiging van ses massiewe olie-opgaartenks. Die daaropvolgende skietgeveg lei tot die dood van twee soldate en die gevangeneming van kaptein Wynand du Toit. Dit alles dui op een ding: Verraad!  

Lees hier in sy eie woorde die gebeure van daardie nag en die diepgaande nagmerrie van sy gevangeneskap, die sameswerings en die uitein­delike afleiding dat die hele operasie slegs ‘n opening­skuif was wat uiteindelik die Suid-Afrikaanse volk moes mislei tot oorgawe in Angola en die onafhanklikheid van Namibië.  

Judasbok beloof om die leser op ‘n ongelooflike intense er­varing te neem en ‘n indiepte kyk te gee na wat agter die skerms gebeur het en wat aanleiding daartoe gegee het dat Wynand du Toit ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword het.

Sagteband, 206 bladsye

Customer Reviews

Based on 21 reviews
71%
(15)
14%
(3)
5%
(1)
0%
(0)
10%
(2)
A
A.P.
judasbok - wynand du toit

100%

G
G.B.
Judasbok

Baie goed!

P
P.P.
JUDASBOK

EXCELLENT STORY,I FEEL SO SORRY FOR HIM GIVING 2 YEARS OF HIS LIVE FOR THE SAKE OF PROPAGANDA,
THE SUPPORT THE GOVERNMENT GAVE HIM TOWARDS THE END WAS SHOCKING,WE HAD TO DOGE BULLETS ON THE BORDER, WHILE THEY HID THE WHISKEY, HOW THE HELL CAN THEY TAKE HIS HARD SUFFERING EARNINGS , BECAUSE YOU DID NOT PAY TAX WHILST IN JAIL.
SORRY WYNAND , WISH THERE WHERE MORE THAN YOU, I HOPE THEY WASH YOUR FEET AS WELL.!!!!!!!. AND GIVE ALL YOUR MONEY BACK INCLUDING TAX. DURING THE BORDER WAR , NON OF THEM WHERE READING THERE BIBLE DAY IN AND DAY OUT, WHILE YOU WHERE SUFFERING, NOW THEY JUST READING BIBLE AND WASHING FEET, [LOTS OF MONEY] YOU DID NOT RECEIVE IT .I CAN CARRY ON AND ON BUT ONCE AGAIN, WYNAND,SORRY,

L
L.d.J.
AGTER DIE GORDYNE?

Lees eers die tweede boek in hierdie reeks nl "JOSEFSKLEED". Soos Wynand in laasgenoemde sê op bl 3; "Uiteindelik moet die leser self besluit wat die waarheid is, wat hy/sy wil glo en wat nie." Dat daar baie belangrike mense met baie mag, agter die gordyne die toue getrek het, is nie te betwyfel nie. Wynand lig daardie sluier tot 'n groot mate in Josefskleed.

J
J.d.P.
JUDASBOK: Verraad ter wille van oorlewing - Wynand du Toit

Uitstekende diens, baie dankie!