We sell military books focusing primarily on the South African and Rhodesian bush war eras
KLOPPIES: Die Verhaal van 'n Recce Operateur - Peet Coetzee

KLOPPIES: Die Verhaal van 'n Recce Operateur - Peet Coetzee

R 450

Die verhaal van Jacob Schalk "Kloppies" Kloppers, 'n legendariese soldaat in die Spesiale Magte wereld. Ernstig gewond tydens Operasie Kerslig in 1981 waar hy ook die Honoris Crux vir dapperheid verower het, het sy loopbaan in die weermag voortgesit as 'n Spesiale Magte Operateur. Na bykans 20 jaar in die SAW, het hy vir die firma CJTVA gaan werk wat landmyne in Mosambiek moes opspoor en vernietig. Dis is tydens een van die "skoonmaak" projekte waar hy weer ernstig gewond is en sy sig en gehoor verloor het. Desondanks al die terugslae was Kloppies altyd positief en kon hy as 'n motiverings spreker sy ondervindinge met ander deel om sodoende die goeie en "menswees" in almal uit te bring. Kloppies is op 19 Augustus 2016 oorlede en die boek is saamgestel uit onderhoude wat met hom gevoer was.

Sagteband, 380 bladsye met fotos

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp