R 395.00
Add to Wishlist

Die leser word gekonfronteer met ’n waarheid vanuit drie oogpunte: dié van die slagoffer, die misdadiger en die ondersoekbeampte. Die voormalige speurhoof hanteer elke betrokkene menswaardig in sy opregte soeke na dít wat vasstaan. Sy fokuspunt is: wat is feit, verdigsel, misleiding, of hoorsê?

Die leser word nie bloot met die grusame dade gekonfronteer nie, maar met die volle reikwydte van nougesette prosedures, die aanlê van talle dossiere en gestipuleerde protokol. Die inwin van onteenseglike bewyslewering betrek elke moontlike medewerker: forensiese deskundige, fotograaf, patoloog, sielkundige, werkgewer, informant, ooggetuie, familielid van slagoffer, die gemeenskap, kollega, die media, regsgeleerde en oplaas die multidissiplinêre hulpwerker en korrektiewe beampte. Brigadier Fanie Brits, ’n bevelvoerder en navorser par excellence, skroom nie om eie versuime of wanoptredes van kollegas te ontmasker nie, maar nooit sonder piëteit vir almal betrokke nie. Die skrywer glo dat die Moord-en-roofeenheid van die Kaap toentertyd die top-eenheid in die Republiek van Suid-Afrika was.

Die goue draad van die meesleurende aflewerings blyk duidelik: Elke woord moet voor die Ewige Regter kan bly staan.

Sagteband, 564 bladsye

Customer Reviews

No reviews yet
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
 

Liquid error: Could not find asset snippets/sweettooth-initializer.liquid Liquid error: Could not find asset snippets/sweettooth-tab-widget.liquid Liquid error: Could not find asset snippets/upsell-now.liquid