R255.00 ZAR
Add to wishlist

Peet Coetzee het in Voortrekkerhoogte groot geword en drie en dertig jaar as Staande Mag lid in die ou Suid-Afrikaanse weermag gedien.

Met sy vorige twee boeke, “Special Forces Jam Stealer” en “Ons vergeet nie”, het Coetzee reeds die reputasie verwerf as die skrywer van aangrypende oorlogsmemoirs wat ‘n ryklik geïllustreerde en omvattende blik bied op die grensoorlog.

Hierdie boek toon die nodige eerbetoon aan die baasverkenners van Suid-Afrika; terugdaterend in die geskiedenis na generaal De la Rey, Danie Theron en Hendri Slegtkamp.

Selfs die avontuurlike verhaal van majoor PJ Pretorius wat met sy eie oorlog teen die Duitsers besig was in Duits Oos-Afrika nog lank voor die Eerste Wêreldoorlog in Europa uitgebreek het, word betrek.

Maar hierdie verhale het merendeels te make met die “Kleinspan”-konsep soos dit deur majoor Chris Schulenberg tot stand gebring en geïmplimenteer is tydens sy betrokkenheid by die Rhodesiese SAS, Selous Scouts en die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte-operasies.

Vele operateurs, soos onder andere kolonel André Diedericks en majoor Jack Greeff, het saam met hul spanmaats die Kleinspan-konsep suksesvol voortgesit in die menigtal operasies waarvan in hierdie boek vertel word.

Paperback, 280 pages. Published 2013 (First Edition)