We sell military books focusing primarily on the South African and Rhodesian bush war eras
RECCE - RESEPTE: Vir Kos, Die Bos, Die Lewe (Justin Vermaak & Douw Steyn)

RECCE - RESEPTE: Vir Kos, Die Bos, Die Lewe (Justin Vermaak & Douw Steyn)

R 250

As die Recces die dag in die bos in stap, slaan die luislange, die aasvoëls en selfs die leeus op die vlug. Wat jy kan vang, kan jy eet, sê die manne

Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe is vol tong-in-die-kies resepte en stories oor die Recces se ervarings gedurende die Grensoorlogjare en tot 1997. Die boek plaas jou in die skoene van hierdie legendariese en geheimsinnige Spesiale Magte- operateurs.

Ontdek wat dit verg om vir weke aaneen uit 'n rugsak te leef, hoe om te oorleef op dit wat die natuur verskaf en selfs hoe om 'n leeu kaalhand van 'n karkas te verjaag. Aasvoëlsop, enigiemand? Of wat van vlieënde vis vir voorgereg met gebraaide luislang vir hoofgereg?

Die stories oor hul waaghalsige operasies gedurende die eerste 25 jaar van die Spesiale Magte vat jou van Durban na Langebaan en deur Phalaborwa na die res van Afrika en selfs Rusland.

Hulle verklap boonop hul unieke filosofie - bly in die oomblik, pas aan en doen jou ding! Of staan opsy, want die Recces kom verby!

Hoewel die meeste resepte eetbaar is, moet sommige nooit, ooit herhaal word nie.

 SAGTEBAND, 224 BLADSYE. Also available in English.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp