R 325.00
Add to Wishlist

Sold Out

As die Recces die dag in die bos in stap, slaan die luislange, die aasvoëls en selfs die leeus op die vlug. Wat jy kan vang, kan jy eet, sê dié manne.

Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe is vol tong-in-die-kies resepte en stories oor die Recces se ervarings gedurende die Grensoorlogjare en tot 1997. Die boek plaas jou in die skoene van hierdie legendariese en geheimsinnige Spesiale Magte- operateurs.

Ontdek wat dit verg om vir weke aaneen uit ’n rugsak te leef, hoe om te oorleef op dit wat die natuur verskaf en selfs hoe om ’n leeu kaalhand van ’n karkas te verjaag. Aasvoëlsop, enigiemand? Of wat van vlieënde vis vir voorgereg met gebraaide luislang vir hoofgereg?

Die stories oor hul waaghalsige operasies gedurende die eerste 25 jaar van die Spesiale Magte vat jou van Durban na Langebaan en deur Phalaborwa na die res van Afrika en selfs Rusland.

Hulle verklap boonop hul unieke filosofie – bly in die oomblik, pas aan en doen jou ding! Of staan opsy, want die Recces kom verby!

Hoewel die meeste resepte eetbaar is, moet sommige nooit, ooit herhaal word nie.

A4, SAGTEBAND, 224 BLADSYE. Also available in English.

Datum van Publikasie: 20 Oktober 2017 

‘n Beperkte hardeband uitgawe van slegs 250 boeke is ook beskikbaar, elke boek is genommer en is onderteken deur die skrywers en senior Spesiale Magte Personeel.

Customer Reviews

Based on 5 reviews
100%
(5)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
D
D.L.
Not yet

I bought the book in order to make a surprise gift to a friend. I have not met him yet.

B
B.S.
5/5

RECCE - RESEPTE: Vir Kos, Die Bos, Die Lewe (Justin Vermaak & Douw Steyn)

R
R.M.
5/5

Excellent book

A
A.d.W.
5/5

Exceptional thank you, love it

H
H.N.
Great Recipes; great stories

The Recces are a special breed of men, who work hard and play equally hard. This book is full of anecdotes of both hard work and hard play. Great, easy to make recipes liberally spiced with that typical Recce wit. I highly recommend this book as it is a great read for budding cooks as well as anyone who loves a good story.