R 260.00
Add to Wishlist

1 Valskermbataljon is een van die bekendste weermagseenhede in Suid-Afrika. Die bekende maroen baret en die vlerkies met die valskerm op die bors van hierdie soldate, het aan hulle ’n onderskeibare identiteit en status verleen.

Rooiplaas, die opleidingsterrein in Bloemfontein vir honderde valskermsoldate, het ’n ryke geskiedenis. In 1960 is die eerste Suid-Afrikaanse soldate in die verenigde Koninkryk as valskermspringers opgelei. Op 1 April 1961 is die eerste valskermeenheid in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Weermag en van die Unie van Suid-Afrika in die lewe geroep. Rooiplaas sou ’n deurslaggewende rol speel in die opleiding van valskermsoldate en valskermpakkers vir die Weermag.

Die valskermsoldate, of “parabats” in die volksmond, sou ook ’n beduidende rol in die Grensoorlog speel. Soos in die geval met enige ander militêre opleidingsentrum, kon die sukses van 1 Valskermbataljon as opleidingsentrum vir valskermspring eers bepaal word nadat dit as eenheid of as deel van ’n vegtroep aan militêre operasies van die SAW deelgeneem het. Sedert die stigting van die eenheid in 1961 is baie SAW-operasies, sommige minder belangrik en suksesvol as ander, onderneem. 1 Valskermbataljon het in alle operasionele gebiede en tipe operasies van die SAW deelgeneem. Die soldate van hierdie spogeenheid was by ’n paar geleenthede die eerste Suid-Afrikaanse soldate op die toneel of die soldate wat die operasie uitgevoer het.

Rooiplaas is die aangewese boek vir enigiemand wat belangstel in avontuur en die verhaal van die rol van 1 Valskermbataljon in die jongste militêre geskiedenis van Suid-Afrika.

Sagteband, 288 bladsye.

Customer Reviews

Based on 4 reviews
75%
(3)
0%
(0)
25%
(1)
0%
(0)
0%
(0)
D
D.d.R.
Great

Got it just in time!

A
A.
Rooiplaas

Goeie boek. Besef nou watse pertinente rol hierdie manne in ons weermag gespeel het.

O
O.v.Z.
’n Goeie weergawe van Rooiplaas

Rooiplaas! bied ’n interessante blik op die geskiedenis van 1 Valskermbataljon, onder meer waar die konsep van valskermspring vandaan kom en hoe dit deur die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) toegepas is. As een van die spesialismagte in die SAW het die plek en sy mense nog altyd die bewondering van vriend en vyand ingeboesem. Deurgaans vertel die skrywers verhale en beskryf karakters wat op Rooiplaas gebore is en grootgeword het. Begrippe soos tradisie, trots en heldemoed – waaroor ons deesdae net lees – word nostalgies en feitelik uitgebeeld. Die verhale is so realisties dat ek jare later nog die wilde blik van sers. Van Lill en die rooi jumpers en wilde snor van regiment-sersant-majoor Baard kon sien, en voel hoe die sweet in my oë brand en hoe my asem jaag. Elke verhaal word as’t ware ’n klein staaltjie wat gedeel word deur ’n verskeidenheid van manne – met verskillende invalshoeke en aksente. Lesers kan hulle in die konteks en tyd van die valskermsoldaat inleef. Die boek skets die karakter van die plek en wys hoe merkwaardig die Rooiplaas-manne was. Daar word ook verskeie van die paratrooper-songs weergegee. Dit is en was ’n sterk tradisie om in formasie te sing, in die lug en sommer net omdat die manne wou. Die versameling is merkwaardig en goed in detail uitgebeeld. Die boek se feite en fabels sal veral ou weermaglede en valskermsoldate skuins laat lag – dis ’n goeie weergawe van Rooiplaas en sy legendes.

R
R.D.
Expected more detail , further ok

Expected more detail , further ok