R 395.00
Add to Wishlist

Generaal Georg Meiring vertel sy verhaal in sy eie taal met humor en skroom nie om die waarheid, soms ten koste van homself, uit te lap nie.

As ‘n plaasseun uit die Oos-Vrystaat is hy deur vele gebeure, wat hom dikwels gedwing het om homself te “herontwerp”, in slegs 14 jaar van ‘n kaptein tot ‘n generaal gevorm, om as ‘n soldaat die hoogste sport te bereik. Die “lang seiner” het hom nie net in sy funksionele indeling in die weermag, die seinkorps, onderskei nie, maar ook as ‘n stafhoof, bevelvoeder, militêre strateeg en onderhandelaar.

Hy sal onthou word as ‘n Bevelvoerende Generaal van Suidwes-Afrika (BG SWA), waartydens hy ook bevel gevoer het oor die RSA se magte in Suidwes-Afrika. In hierdie hoedanigheid was hy onder andere as die oorhoofse bevelvoerder ten nouste betrokke by Operasie Askari, wat Angola, Kuba en Rusland gedwing het om offensiewe optrede in Suid-Angola te staak en oor ‘n staking van vyandelikhede in Suid-Angola te onderhandel.

Die skrywer gee nuwe perspektief aan dié gebeure deur eerstehands te vertel van die beplanning, menings- en politieke verskille, teleurstellings en frustrasies wat tydens die “bosoorlog” agter die skerms plaasgevind het. Hy werp egter ook lig op die sukses wat met militêre operasies aan die grens behaal is en omlyn die Suid-Afrikaans Weermag en SWA Gebiedsmag se deelname, wat ‘n minder bekende feit aan die lig bring, naamlik dat meer as die helfte van die troepe wat in die gensgebied ontplooi was, lede van SWA Gebiedsmag was.

Hy verskaf sy perspektief op sake soos die verloop van die onderhandelinge tussen die De Klerk regering en die ANC, die sogenaamde “nag van die generaals” en die “Waarheid- en Versoeningskommisie.”

President Mandela se versoek dat hy ná die politieke omwenteling in 1994 as hoof van die “nuwe weermag” dien, het hom genoop om homself weereens te herontwerp vir ‘n nuwe hoofstuk in sy loopbaan, wat velerlei nuwe uitdagings sou bied. Hy vertel van die vertrouensverhouding met Mandela, wat uiteindelik geskaad is deur die dilemma waarin valse inligting hom geplaas het.

Toe die internasionale klimaat teenoor Suid-Afrika ná die ANC se bewindsoorname in 1994 dit weer toegelaat het, was generaal Meiring die gas van menige hoofde van weermagte, insluitend voormalige vyande teen wie hy oorlog gevoer het.

Benewens die lewenslesse wat in sy vertelling verweef is, ontbloot generaal Meiring feite wat nie algemeen bekend is nie en verleen nuwe perspektief aan etlike bekende geskiedkundige gebeure.

Die rol van sy gesin en sy rol as ‘n sorgsame eggenoot en pa is deurgaans ‘n sub-tema van sy verhaal.

Gedruk op aanvraag.

Sagteband, 280 bladsye


Customer Reviews

No reviews yet
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
 

Liquid error: Could not find asset snippets/sweettooth-initializer.liquid Liquid error: Could not find asset snippets/sweettooth-tab-widget.liquid Liquid error: Could not find asset snippets/upsell-now.liquid