R 350.00
Add to Wishlist

Dit is die sestigs en die wêreld ondergaan groot veranderinge. Die Koue Oorlog, die ruimte wedloop, die Kubaanse misiel krisis, hippies en Woodstock. Motors met stertvinne en Suid-Afrika word ʼn Republiek en ons betaal met die Rand eerder as die Pond.

Ek lê op die grasperk voor die ou Vrystaatse plaashuis en tuur die donker Afrika hemel in om die groen knipoogliggie van Sputnik te volg tussen die flikkerende sterre.

Die ruimtewedloop tussen die Russe en die Amerikaners gryp my verbeelding aan en ek teken boeke vol ruimtetuie en vliegtuie en verslind enige leesstof daaroor in die biblioteek en tydskrifrakke.

Ek pas nie in by enige groep op skool nie en verwar die klas en ons Voorligting juffrou met my verduideliking dat ek eendag by Caltech in Pasadena wil studeer en dan by NASA se Jet Propulsion Laboratory gaan werk.

My familie is meestal onderwysers, kuns en musiek, en daar is ʼn predikant en my pa in die mediese wetenskap. Net my plaasoupa aan my ma se kant verstaan my en moedig my aan.

Soos van al die jong manne verwag, doen ek my Diensplig en Grensdiens. Ek gaan studeer ingenieurswese. Omdat ek iets so uitheems wil aanpak kry ek min steun van die familie en moet ek vir my eie studies betaal met vakansiewerk in die myne van my tuisdorp, Welkom.

Die Republiek se politiek lei tot die wapenboikotte en Suid-Afrika begin sy eie lugvaart industrie. Ek gaan vir ʼn onderhoud en vind dat dit die naaste pad is hoe ek by my drome gaan uitkom. Dit is die begin van ʼn ongelooflike ontdekkingsreis na nuwe lande, ongelooflike ervarings en wonderlike lesse van my nuwe omgewing en ook van my myself.

Die werk is egter hoogs geklassifiseerd en ek kan vir niemand vertel wat ek doen en wat ek alles gesien en ervaar het nie. Dit is eers nou met die groot veranderinge in ons onlangse geskiedenis dat ek van my stories kan deel. Skreeusnaakse gebeure en soms hartseer verlange na SA. Die groei en ontwikkeling van gevorderde tegniese vermoë is 'n deel van SA se geskiedenis.

Die boek is ʼn versameling van party van die staaltjies en stories van die plekke waar ek was, wat ons ervaar het en die wonderlike goed waaraan ek blootgestel was op hierdie ongelooflike reis van die plaas in die Vrystaat reg om die wêreld.

Sagteband, 355 bladsye

Customer Reviews

No reviews yet
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)