New stock arriving soon.
Van Ovamboland tot Masjonaland: Die Suid Afrikaanse Polisie in die Bosoorlog   -   Louis Lubbe

Van Ovamboland tot Masjonaland: Die Suid Afrikaanse Polisie in die Bosoorlog - Louis Lubbe

R 655

Kort na die skermutseling by Ongulumbashe is die Suid-Afrikaanse Polisie in die gebied, suid van die Angola-grens en ook in die Caprivi ontplooi om enige insypeling van SWAPO-terroriste na Suidwes-Afrika te stuit - met beswaarlik meer as 'n geweer, 'n khaki oorpak, Ford-bakkie, graaf, tente en toerusting om basiskampe mee te bou.

Terselfdertyd word lede van die SAP ook in 1967 na Rhodesie (nou Zimbabwe) gestuur en word (hoofsaaklik) al langs die Zambezirivier tot teenaan die Mosambiekgrens in Masjonaland ontplooi.

Ofskoon 165 polisiemanne in Suidwes-Afrika en 81 in Rhodesie dood is tydens die oorlog, fokus die boek nie daarop nie, maar wel op die ervaring van die individu en sy aanpasbaarheid en ondernemingsgees te midde van ontwrigtende omstandighede, teen die agtergrond van die oorlog. Hierdie boek vertel hulle verhaal ...

Hardeband, 380 bladsye & 650 fotos

OMTRENT DIE SKRYWER:

Louis Lubbe het grensdiens in Caprivi en Rhodesië gedoen as lid van die SA Polisie se TIN-eenheid tydens die Bosoorlog. Dit het die skrywer ses jaar en 16000 km geneem om foto's en stories te versamel.

Share on

Customer reviews

No reviews yet.
Click here to contact us on WhatsApp