R 280.00
Add to wishlist

Philip van Zyl is ‘n normale en gewone boerseun, wat op die platteland grootgeword het. ‘n Talentvolle jong man wat vroeg op skool reeds, sy leierseienskappe openbaar het. Ook ‘n uiters talentvolle rugbyspeler.

Na matriek het hy verskeie opsies gehad, maar op aandrang van sy pa het hy gaan studeer. Dit het nie gewerk nie. Twee jaar later het hy sy studies gestaak en het hy Januarie 1983 by die SA Weermag ingeklaar vir sy diensplig.

Hy het ervarings opgedoen… wat hom die res van sy lewe bybly. Hy het ongekende hartseer ervaar. Ook tye van groot vreugde.

Sy lewe het onherroepelik verander…en hierdie is sy verhaal. 

 SKRYWERS NOTA:

Hierdie verhaal is fiksie, gegrond op ware voorvalle, insidente en gebeure.

Die skrywer bedank daardie mense wat in hul eie name karakters in hierdie verhaal word, vir hulle toestemming vir die gebruik daarvan.

In die verhaal work ook na mense verwys wat reeds in die hiernamaals is – die verwysing na hulle is met deernis en ons eer hulle nagedagtenis.

Sensitiewe lesers word daarop gewys dat die verhaal heelwat kruwoorde bevat. Ons wil egter daarop wys dat die binne konteks is.

Sou ander mense, direk of indirek, by implikasie identifiseerbaar is, is dit blote toeval.

Hierdie boek word opgedra aan die “stil massa”. Daardie duisende mense wat hulle land getrou en lojaal in uniform en burgerdrag gedien het.

VRYVAL is in 2005 vir die eerste keer gepubliseer en het die skrywer, Frans du Randt,  die skuilnaam "BOETIE" gebruik. Koos Moorcroft, VRM PMD (+BAR) PMM MMM (+BAR), voormalige Sersant-Majoor van die Suid Afrikaans Weermag, het as tegniese raadgewer bystand verleen.

Sagteband, 288 bladsye.

HIERDIE 2017 HERSIENE UITGAWE IS BESKIKBAAR VANAF 29 NOVEMBER 2017.

 

Customer Reviews

No reviews yet
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)