R 195.00
Add to wishlist

Dawid Lotter is ʼn Bosoorlog veteraan wat met hierdie bundel die emosies van die tydvak in gedigte en woordsketse weergee. Dit bevat sy eie ondervindings asook verwerkings van ander veterane se ervarings. Die gedigte spreek met brutale eerlikheid die gemoed van die soldaat tydens die oorlog aan, asook die aanpassings daarna. Die vrese, onsekerheid en wroegings van beide die soldaat en sy geliefdes, word in versvorm saamgevat.

ʼn Gedeelte van die bundel word gewy aan ʼn epiese digreeks oor 61 Gemeganiseerde Bataljongroep se eerste vier Angola operasies tussen 1978 tot 1981; Reindeer, Sceptic, Protea & Daisy

“Die lewendige belangstelling om herinneringe oor die Anglo-Boere- oorlog op te teken, het ‘n hele geslag geneem - tot in die dertigerjare. Die mense was té seer, die trauma té groot, om direk na die oorlog so-iets te doen. En tog het Jan Celliers, Totius en Louis Leipoldt nie gehuiwer om die rou emosies van die Afrikaner gou ná die oorlog in poësie te verwoord nie. ‘n Parallel kan met die Bosoorlog getrek word ten opsigte van trauma en die verwerking daarvan. Lotter se bundel kom dus bietjie later ná die Bosoorlog as Celliers-hulle se poësie oor die Anglo-Boereoorlog, maar dis tydig, baie tydig.”  (Prof. Fransjohan Pretorius  - UP)

1ste Publikasie - Februarie 2016. 315 bladsye. 'n Beperkte uitgawe van 40 hardeband boeke, geteken deur die digter en wat bewaar word in 'n kiaat houtkissie is ook beskikbaar.

BESKIKBAAR VANAF 29 FEBRUARIE 2016

 

Customer Reviews

Based on 1 review Write a review